Refentse - Reisiger

Copied!edit Lyrics
original text at lyrnow.com/571599
Afrikaans

spoken
Ek sit op 'n hemel en dink aan die Hemele
Weereens besef ek dat ons nie 'n clue het nie
Alles is alles, en niks is niks
Niks is op soek na alles
En alles is op reis na niks

Sy was 'n ware illistrasie van God se prag
Baie mans het probeer om Haar neer te lê
Om Haar om te duik
Maar baie min het probeer om Haar op te tel

Wonder waar is Hy
Waar is Hy

sung
Ken jy die pad, ek dink ek vol nog altyd jou pad
Bruis na die chemie ver van hier
Hy verander jou beeld
Maak die aarde plat vir my lig en boos
Tot jy jubel en juig weer
Oor jou broer se dood

Wereld wat gaan aan met jou?
My Vader sal jou anders onthou
Sal jy nog hier wees vir angels en minuet

Jy gee my hoop
Gee my sig
Ek is moeg gesoek na waar ek hoort
Dis voedsel vir my siel gedoop
En jy oor my
Kom ons rant
Ek is lief
Ek verlang na wie ookal jy is
En lief vir wat ookal jy doen
Want jy hoor my
Maar vanaand net vir vanaand
Is jy my Hemel en ek is jou vloer
Reisiger ek lief vir jou
Swerwer ek verlang na jou
Ek wil dans in jou reen
Ek wil sing van jou grond

Maar vanaand
Soos gister aand
Wil ek sweef op die geur
Van jou bron
Vlieg en vlak in dalend hoog
Soos tale e tonge woel en wal
Ek verlang na jou kruine
Ek verlang na jou trog

Jy gee my hoop
Gee my sig
Ek is moeg gesoek na waar ek hoort
Dis voedsel vir my siel gedoop
En jy hoor m
Kom ons rant
Ek is lief vir jou
Ek verlang na wie ookal jy is
En lief vir wat ookal jy doen
Want jy hoor my

My bos is aan die brand
Ek dink my bos is aan die brand
Want Hy stuur my na 'n vreemde plek
Dit voel vir vele meer as ek en jy

Tog so aleen
Nog altyd voel ek so alleen
Ek verlang na daairdie bosse plek
Ek voel vir vele meer as ek en jy
Sal jy bly?
 
0

Song Description:

edit soundcloud

SoundCloud:

edit soundcloud

More Refentse lyrics

Refentse - Boerebal
{Koor} Ons gooi ‘n boerebal Ons hou partytjie in jou ma se taal Oh boere meisies maak die manne mal Party tot die son op by die boerbal Balletjie, Balletjie

Refentse - Ek glo in liefde
Ek wonder oor grense en oorlog oor geld bogelyk Ek sukkel met mense wat steel in die naam van geloof Ek wonder hoe silwer en goud jou waarde bepaal Ek glo in liefde en ek glo in jou en

Refentse - Sal Jy?
Ek sit stoksiel alleen in die kruine van die reen, en ek wonder oor die woede van die stille seun, meneer sal dit dalk later n bietjie vrede reen? Dit word 15 jaar einde julie maand en soebat

Refentse - Reisiger
{Afrikaans} {spoken} Ek sit op 'n hemel en dink aan die Hemele Weereens besef ek dat ons nie 'n clue het nie Alles is alles, en niks is niks